Tuisblad

Oordenking

Ontmoet ons gemeente

Gemeentenuus

Ontmoet die AP Kerk

Kontak ons

Skakels


Ontmoet ons gemeente...




Gemeentegeskiedenis:
Volgens, God laat groei het Lydenburg Afrikaanse Protestantse kerk besonder deeglik besin voor hulle begin het. Behalwe al die inligtingsvergaderings wat hulle bygewoon het, het hulle ook week van gebed gehou van 18 tot 24 Januarie. Op grond van die leiding wat God hulle hieruit gegee het stig hulle die gemeente op 24 Januarie 1988. Tydens die geleentheid het ds. Eben Friis hulle gelei.

By stigting was daar uit die 44 belydende lidmate 13 kerkraadslede gekies. Nou, in 2002 het die gemeente sowat 200 belydende lidmate en 75 dooplidmate.

Eredienste is aanvanklik in die saal van Siesta woonwapark gehou; later in die saal van die Hoerskool tot hulle eie kerksaal op 12 Augustus1990 in gebruik geneem is.

Die eerste voltydse leraar, was ds. Albert Boshoff wat op 2 Maart 1991 hier bevestig is. Na hom het dr. JD Malan as emeritus prediker waargeneem van Januarie 1993 tot Junie 1995 toe ds. MJ van Schalkwyk , ook n emeritus prediker oorgeneem het. Hy gaan voor tot 2001. In Augustus 2002 word ds. GJ Grobler, die huidige predikant hier bevestig.



Aktiwiteite:

Elke Sondagoggend om 9:30 is daar 'n erediens. Die dienste vind plaas by die AP Kerk gebou, Buitestraat 12 Lydenburg.
Kerkgebou is in Buitestraat en die pastorie in Krielstr. 24

Verbondsonderrig is Sondae direk na die erediens.

Aktiviteite:
Eredienste: Sondae om 09:30
Koffiekroeg: elke tweede en vierde Sondag aand om 18:00
Bybelstudie: Kontak die dominee
Jeug aktiviteite:

Werkendejeug: Elke Donderdagaand om 19:00

Hoerskooljeug: Donderdae om 18:00

Kinderaksie: Maandae om 14:30 by die pastorie