Tuisblad

Oordenking

Ontmoet ons gemeente

Gemeentenuus

Ontmoet die AP Kerk

Kontak ons

Skakels


Oordenking




Wie se die Here is ek?





“Adelle jy weet wat se die kinders van my: ek is oorgewig, onaantreklik, groot waar ek klein moet wees en klein waar ek groter wil wees! Ek wil soms net wegkruip as ek klere aan het, wat wou nog swembroek aantrek! As ek aan my bynaam dink dan weet ek presies wie die kinders se ek is. Wie sedie Here is ek?”

“Brenda, net voor die kamp het Kobus met my uitgemaak en sommer ‘n klomp slegte dinge oor my kwyt geraak. Ek weet nie waar hy daaraan kom nie. Dit het my laat voel, ek en die kluit is eweveel werd! Toe leer die dominee ons dié waarheid..

Die Here het ons juis verskillend gemaak. Hy kyk nie na die uiterlike dinge nie. So terloops, dit is alles mens gemaakte reels.. Jy moet gerus gaan lees wat se die Here deur die profeet Jesaja vir my, maar ook vir jou. Dít is nie mens gemaak nie! Let op dat Hy se Hy het jou by die naam geroep, jy behoort aan Hóm want Hy wil jou he. Asof dit nie genoeg is nie se Hy in vers 4 dat jy hooggeag en kostelik in sy oe is. Brenda as dit my kon troos om te hoor ek is kostelik in die Almagtige se oe toe Kobus laat blyk dat ek niks in sy oe is nie, weet ek dit sal ook vir jou dieselfde betekenis he.

Ook hierdie waarheid kry nuwe aksent in die N.T. as Jesus vir ons in Joh. 3:16 vertel hoe lief Hy vir ons is. Ek dink dit was baie slim van die dominee om ons dié vers uit die kop te laat leer. Dit het my al só baie daarna gedra as ek net wou twyfel!”

Gebed:
O Here, “…wat is die mens …U het (my) ’n weinig minder gemaak as ’n goddelike wese…” Amen

Bykomende Skrifgedeelte: Ps. 8

Besoek gerus dominee.co.za vir uitsonderlike geestelike verryking. Hier is 'n skakel.